Verkiesing van Akademieraad 2026 tot 2029
Herstemming
Tydens die verifikasie van die uitslag van die Akademieraadsverkiesing is vasgestel dat twee kandidate uit die Afdeling vir Natuurwetenskappe en Tegnologie gelykop geëindig het vir die oorblywende setel wat aan dié afdeling toegeken word.
'n Herstemming tussen hierdie twee kandidate is gevolglik nodig om die finale samestelling van die Akademieraad te bepaal.
Stemproses en reëls
- Slegs Akademielede wat tydens die oorspronklike stemtydperk 'n stem uitgebring het, mag aan die herstemming deelneem.
- U kan tydens die herstemming vir een van die twee kandidate uit die Afdeling vir Natuurwetenskappe en Tegnologie stem.
- Stemgeregtigde lede met 'n geldige selfoonnommer of e-posadres op die ledestelsel kan elektronies stem.
- Lede moet met hul lidnommer aanteken. Indien u onseker is oor die proses óf nie u lidnommer het nie óf nie 'n wagwoord ontvang nie, kontak die SA Akademie:
- Nadat u aangeteken het, sal 'n tydelike wagwoord (OTP) per SMS of e-pos aan u gestuur word.
- Buitelandse lede wat nie elektroniese kodes kan ontvang nie, vra 'n stembrief by die Akademiekantoor aan en stuur dit per e-pos aan die ouditeur.
- Die tydelike wagwoord verifieer u toegang tot die stemstelsel.
- Om die kandidate weer na te gaan, klik op Kandidate regs bo in die grys gedeelte.
- Om 'n stem uit te bring, klik op Teken aan regs bo in die grys gedeelte.
- Belangrik : Hou u lidnommer byderhand en volg die proses soos verduidelik.
- Elektroniese stemme word direk na die ouditeur gestuur sonder intermediêre hantering deur die Akademiekantoor.
|