Verkiesing van Akademieraad 2026 tot 2029
Stemproses en reëls
- Slegs volle lede wie se ledegeld opbetaal is en erelede mag stem.
- Akademielede kan 'n maksimum van agt stemme (maksimum vier per afdeling) uitbring, maar hoef nie al agt stemme te gebruik nie.
- Die agt verkose Akademieraadslede bestaan uit vier lede uit die afdeling vir Geesteswetenskappe en Kunste en vier lede uit die afdeling vir Natuurwetenskappe en Tegnologie.
- Stemgeregtigde lede met 'n geldige selfoonnommer of e-posadres op die ledestelsel kan elektronies stem.
- Lede moet met hul lidnommer aanteken. Indien u onseker is oor die proses óf nie u lidnommer het nie óf nie 'n wagwoord ontvang nie, kontak die SA Akademie:
- Nadat u aangeteken het, sal 'n tydelike wagwoord (OTP) per SMS of e-pos aan u gestuur word.
- Buitelandse lede wat nie elektroniese kodes kan ontvang nie, vra 'n stembrief by die Akademiekantoor aan en stuur dit per e-pos aan die ouditeur.
- Die tydelike wagwoord verifieer u toegang tot die stemstelsel.
- Om die kandidate weer na te gaan, klik op Kandidate regs bo in die grys gedeelte.
- Om 'n stem uit te bring, klik op Teken aan regs bo in die grys gedeelte.
- Belangrik : Hou u lidnommer byderhand en volg die proses soos verduidelik.
- Elektroniese stemme word direk na die ouditeur gestuur sonder intermediêre hantering deur die Akademiekantoor.
|